Nuwe Boekmerk
Fredericus Fredericusz Abbema

Fredericus Fredericusz Abbema

Manlik 1610 - 1659  (49 jare)

Wydte van Kaart:      Herlaai

Tydlyn



 
 



 




   Datum  Gebeurtenis(se)
1568 
  • 23 Mei 1568—24 Okt 1648: Tagtigjarige Oorlog
    Die Tagtigjarige Oorlog (in die moderne geskiedenis Die Opstand of Die Nederlandse Opstand genoem) is die naam vir 'n opstand en 'n burgeroorlog in die Nederlande (1568-1648), met 'n Twaalfjarige Weerstand in die jare 1609-1621) teen Spanje. In die Heilige Romeinse Ryk het die Dertigjarige Oorlog, vanaf 1618 tot 1648, gelyktydig plaasgevind. Met die Vrede van Münster in 1648 is die Nederlande onafhanklikheid van Spanje en die Heilige Romeinse Ryk ook deur die koning van Spanje en die keiser van die HRR erken. "Wikipedia, die Vrye Ensiklopedie", Tagtigjarige Oorlog, https://af.wikipedia.org/wiki/Tagtigjarige_Oorlog
1600 
  • 31 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang 'n Koninklike Privilege van Elizabeth I
    Dit was 'n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel. The Columbia Encyclopedia, Sixth Edition
1618 
  • 1618—1619: Dordtse Leerreëls opgestel
    Die Dordtse Leerreëls is opgestel deur die Gereformeerde Kerke van die Verenigde Nederlande tydens die Sinode van Dordrecht wat van 1618 tot 1619 gehou is. Aan die begin van die 17de eeu (1600’s) en 50 jaar voor die koms van Jan van Riebeeck na Suid-Afrika, het daar in die Nederlandse Gereformeerde kerke 'n groot beroering ontstaan wat uitgeloop het op die uiters belangrike Sinode van Dordrecht. Jacobus Arminius († 1609), 'n professor in teologie aan die Universiteit van Leiden het die streng Calvinistiese opvatting van die leer van die uitverkiesing verwerp en verkondig dat God by die uitverkiesing rekening sou hou met die mens se glo. Hiermee het sekere standpunte van Pelagius weer die kerk binnegekom. Arminius is heftig teengestaan deur Franciscus Gomarus († 1641), ook 'n professor in teologie aan die Universiteit van Leiden, en dit het uitgeloop op 'n heftige leerstryd sodat daar in die jaar 1618 'n sinode in Dordrecht saamgeroep is. Die voorstanders van Arminius se leer is die Remonstrante genoem omdat hulle met 'n geskrif in vyf punte 'n betoog voorgelê het. Op hierdie sinode wat ook deur afgevaardigdes van ander lande bygewoon is, is toe die bekende Vyf Artikels teen die Remonstrante of ook genoem die Dordtse Leerreëls opgestel. Hierdie Dordtse Leerreëls, wat 'n uiteensetting van die Bybelse opvatting oor die leer van die uitverkiesing gee, is een van die drie Belydenisskrifte van die Gereformeerde Kerke. Die ander twee belydenisskrifte is die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus. "Wikipedia, die Vrye Ensilopedie", Dordtse Leerreëls, https://af.wikipedia.org/wiki/Dordtse_Leerre%C3%ABls
  • 13 Nov 1618—29 Mei 1619: Sinode van Dordrecht
    Die Sinode van Dordrecht was 'n internasionale Sinode van die Nederduits Gereformeerde Kerk wat van 1618 tot 1619 in Dordrecht, Nederland gehou is om 'n kontroversie te besleg wat geïnisieer is deur die opkoms van Jacobus Arminius se leerstellinge (Arminianisme). Die eerste vergadering het op 13 November 1618 plaasgevind en die laaste (die 180ste) op 29 Mei 1619. Verteenwoordigers van agt buitelandse Gereformeerde kerke is ook uitgenooi. In 2014 is die eerste kritiese uitgawe van die aktes en dokumente van die Sinode gepubliseer Wikipedia, die Vrye Ensiklopedie, Sinode van Dordrecht, https://af.wikipedia.org/wiki/Sinode_van_Dordrecht
1619 
  • 21 Apr 1619—18 Jan 1677: Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck
    van Riebeeck het later 'n halfweg-stasie aan die Kaap gevestig "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
1629 
  • 28 Okt 1629—2 Nov 1664: Maria de la Quellerie
    Sy is was die vrou van Jan van Riebeeck "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
1635 
  • 1635—1635: Oprigting van Rooms-Katolieke kapel in Natal
    "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
1647 
  • 1647—1647: Janszen en Proot se verslag
    Hulle skryf `n gunstige verslag oor die Kaap na die stranding van die Haerlem "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
1648 
  • 24 Okt 1648—24 Okt 1648: Vrede van Münster
    Die Vrede van Münster was vir Nederland en België 'n belangrike onderdeel van die Vrede van Westfalen wat in 1648 'n einde aan twee oorloë gebring het: die Tagtigjarige Oorlog tussen die opstandelinge in die Nederlande en Spanje (Habsburg) sowel as as die Dertigjarige Oorlog tussen verskeie ander Europese lande. "Wikipedia, die Vrye Ensiklopedie", Vrede van Münster, https://af.wikipedia.org/wiki/Vrede_van_M%C3%BCnster
1649 
  • 28 Mrt 1649—28 Mrt 1649: Huwelik van Jan en Maria van Riebeeck
    "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
10 1652 
  • 1652—1652: 'Sieckentrooster' W. Wijland lei die eerste godsdiensoefeninge aan die Kaap
    "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
  • 1652—1652: Oprigting van die Fort aan die Kaap
    "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
  • 6 Apr 1652—6 Apr 1652: Jan van Riebeeck vestig `n halfwegstasie aan die Kaap
    van Riebeeck en sy geselskap arriveer op die skepe Reijger, Goede Hoop en Drommedaris 1) "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002 2) "A History of South Africa", Frank Welsh, ISBN 0-00-638421-8, 2000
  • 12 Mei 1652—12 Mei 1652: Bediening van die eerste nagmaal aan die Kaap deur Ds J. Backerius
    "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
11 1653 
  • 24 Aug 1653—24 Aug 1653: Bediening van die eerste doop aan die Kaap deur Ds F. Fonten
    Bernert Willemsz Wijlant was die eerste gereformeerde dopeling in Suid-Afrika "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
  • 25 Des 1653—25 Des 1653: Doop van Abraham van Riebeeck (1653-1713)
    Abraham was een van Jan van Riebeeck se 8 kinders en die tweede gereformeerde dopeling aan die Kaap "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
12 1654 
  • 1654—1654: Eerste dankdiens aan die Kaap
    "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
  • 1654—1654: Asiese gevangenes as slawe na die Kaap gebring
    "Important Dates in South African history", Internet webadres: http://mzone.mweb.co.za/residents/k75/timeline.html, geskep en onderhou deur Dennis Pretorius
13 1656 
  • 1656—1656: Catharina Anthonis bevry
    Catharina Anthonis was 'n slavin gebore in Bengale en was die eerste slaaf wat bevry is, omdat Jan Woutersz met haar wou trou "Important Dates in South African history", Internet webadres: http://mzone.mweb.co.za/residents/k75/timeline.html, geskep en onderhou deur Dennis Pretorius
14 1657 
  • 1657—1657: Slawe word vanaf Madagaskar en Java ingevoer
    "Important Dates in South African history", Internet webadres: http://mzone.mweb.co.za/residents/k75/timeline.html, geskep en onderhou deur Dennis Pretorius
  • 21 Feb 1657—21 Feb 1657: Eerste blanke Vryburgers
    Nege man word uit die VOC se diens ontslaan om self `n bestaan te kan maak. Hulle kry grond langs die Liesbeeck Rivier (nou Rondebosch). Streng voorwaardes geld vir die verskaffing van hul produkte aan die VOC. 1) "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002 2) "Important Dates in South African history", Internet webadres: http://mzone.mweb.co.za/residents/k75/timeline.html, geskep en onderhou deur Dennis Pretorius 3) "A History of South Africa", Frank Welsh, 2000, ISBN 0-00-638421-8
15 1658 
  • 28 Mrt 1658—28 Mrt 1658: Manlike en Vroulike slawe vanaf Angola, arriveer in Tafelbaai
    38 manlike en 37 vroulike slawe vanaf Angola, arriveer in Tafelbaai aan boord van die 'Amersfoort' "Important Dates in South African history", Internet webadres: http://mzone.mweb.co.za/residents/k75/timeline.html, geskep en onderhou deur Dennis Pretorius
  • 17 Apr 1658—17 Apr 1658: VOC slaweskool word geopen
    Geen ouderdomsbeperking was van krag nie en sieketrooster Pieter van der Stael was die onderwyser. As 'aansporing' het leerlinge op skooldae `n sopie brandewyn en `n bietjie tabak ontvang "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
  • Mei 1658—Mei 1658: 228 slawe arriveer in Tafelbaai
    Hierdie slawe het vanaf die Wes-Afrika kus aan boord van die 'Hassell' gearriveer. Ongeveer 80 is na Batavia gestuur. "Important Dates in South African history", Internet webadres: http://mzone.mweb.co.za/residents/k75/timeline.html, geskep en onderhou deur Dennis Pretorius
16 1659 
  • 1 Mei 1659—1 Mei 1659: Eerste verdedigingsmag gestig
    Die Politieke Raad besluit om 'n 'kompagnie schutters' met 'crijgsofficieren' te organiseer; een sersant en twee korporaals. Die boer Harman Remagienne en die meulenaar Wouter Mostert staan onder bevel van Steven Jansen. D B Bosman en H B Thom, Daghregister houden by den oppercoopman Jan Anthonisz van Riebeeck, Deel III (1659-1662), uitgawe van die van Riebeeck-vereniging (A A Balkema, Kaapstad, 1957), p 34