Nuwe Boekmerk
Andries Hendrik Jeremia Gouws

Andries Hendrik Jeremia Gouws

Manlik 1834 -

Wydte van Kaart:      Herlaai

Tydlyn



 
 
 




   Datum  Gebeurtenis(se)
1600 
  • 31 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang 'n Koninklike Privilege van Elizabeth I
    Dit was 'n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel. The Columbia Encyclopedia, Sixth Edition
1835 
  • 1 Jan 1835—31 Des 1845: Groot Trek
    Massa-migrasie, vanaf die jaar 1835, van Kaapse Nederlandssprekende burgers na die Suid-Afrikaanse binneland om onder andere weg van Britse beheer af te kom.
1838 
  • 6 Feb 1838—6 Feb 1838: Moord op Retief en sy manskappe
    Die Voortrekkerleier, Pieter Retief, het na lang oorweging besluit om hom in Natal te vestig. Hy en vyftien man het toe in Oktober 1837 na Dingaan as Zoeloekoning vertrek. In Port Natal het hy met van die Engelse aldaar gesprek gevoer en op 5 November 1837 in Umgungundlovu aangekom. Kort hierna het Retief sy oogmerk aan Dingaan herhaal, naamlik om wettiglik grond vir sy mede-Trekkers te bekom. Dingaan het ingestem om die grond tussen die Tugela- en die Umzimvuburivier af te staan, mits Retief die vee wat deur Sekonyela van Dingaan geroof is, terugneem en aan Dingaan besorg. Aan hierdie onredelike eis is voldoen. Daarop het Retief ’n mag van 200 man probeer byeenbring om die oordrag van die grond te beklink. Ander Voortrekkers, soos Sarel Cilliers en Gerrit Maritz, het die plan afgekeur en ’n drasties kleiner afvaardiging voorgestel. Retief het toe met ’n geselskap van 67 vrywilligers en vier seuntjies plus ongeveer 30 agterryers na Dingaan gegaan en op 3 Februarie 1838 by die koninklike hoofkraal aangekom. Die akte van afstand is deur die betrokkenes geteken, ’n goeie gesindheid het geheers en vertonings is oor en weer gelewer. Retief het ook met mense soos Owen, Wood en Jane Bird as sendelinge geskakel. Dingaan weer het ongeveer 3000 krygers by hom versamel en met hoofindoenas, soos Umhlela, onderhandel. Oor die presiese verloop van wat gebeur het sal nog lank gegis word. Maar op hierdie oggend is Retief, die Voortrekkers en die agterryers, wat almal sonder wapens was, onverwags deur die Zoeloekrygers oorval, gegryp, vasgebind, weggesleep, met stokke deurboor en buite die koninklike paradegrond op kwaMatiwane met kieries vermorsel en vir die aasvoëls gelaat. Volgens oorlewering, is Retief die laaste doodgemaak en sy hart en lewer uitgesny en op die roete begrawe waarlangs die Boere gereis het. Nie ’n enkele lid van die geselskap het die dood ontsnap nie. Die beendere is later deur die Wenkommando in ’n gemeenskaplike graf weggelê, en ’n gedenkteken is veel later opgerig.
  • 17 Feb 1838—17 Feb 1838: Groot Moord
    Die Groot Moord (ook Bloukransmoorde of Bloedbad van Weenen genoem) was ’n slagting op 17 Februarie 1838 waarin ’n groot aantal Voortrekkers deur Zoeloekrygers vermoor is.
  • 16 Des 1838—16 Des 1838: Slag van Bloedrivier
    Slag van Bloedrivier.