Nuwe Boekmerk
Wouter Huijghen

Wouter Huijghen

Manlik 1570 - 1632  (62 jare)

Wydte van Kaart:      Herlaai

Tydlyn



 
 



 




   Datum  Gebeurtenis(se)
1568 
  • 23 Mei 1568—24 Okt 1648: Tagtigjarige Oorlog
    Die Tagtigjarige Oorlog (in die moderne geskiedenis Die Opstand of Die Nederlandse Opstand genoem) is die naam vir 'n opstand en 'n burgeroorlog in die Nederlande (1568-1648), met 'n Twaalfjarige Weerstand in die jare 1609-1621) teen Spanje. In die Heilige Romeinse Ryk het die Dertigjarige Oorlog, vanaf 1618 tot 1648, gelyktydig plaasgevind. Met die Vrede van Münster in 1648 is die Nederlande onafhanklikheid van Spanje en die Heilige Romeinse Ryk ook deur die koning van Spanje en die keiser van die HRR erken. "Wikipedia, die Vrye Ensiklopedie", Tagtigjarige Oorlog, https://af.wikipedia.org/wiki/Tagtigjarige_Oorlog
1572 
  • 23 Aug 1572—24 Aug 1572: Bartolomeusnag
    Bartolomeusnag (bloedbruilof) was 'n grootskaalse uitwissing van Franse protestante (die Hugenote) in die nag van 23 op 24 Augustus 1572. In die loop van die daaropvolgende maande spoel 'n golf van geweld oor die hele Frankryk, waarin uiteindelik nagenoeg 20 000 Hugenote uitgemoor is.
1580 
  • 1580—1580: Francis Drake seil verby die Kaap tydens sy vaart om die wêreld
    Drake het die Kaap beskryf as `a most stately thing, and the fairest Cape we saw in the whole circumference of the earth' "A History of South Africa", Frank Welsh, ISBN 0-00-638421-8, 2000
1588 
  • 8 Aug 1588—8 Aug 1588: Nederlaag van die Spaanse Armada
    Hierdie nederlaag het die uiteinde van die Spaans-Nederlandse verhouding beïnvloed tydens die 80-jarige oorlog Rijksmuseum, Amsterdam
1595 
  • 1595—1595: Nederlanders bekom inligting oor Kaapse seeroete na die Ooste
    Dit was geheime inligting wat van Portugal bekom is "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
1598 
  • 13 Apr 1598—13 Apr 1598: Edik van Nantes
    Die Edik van Nantes was op 13 April 1598 deur Hendrik IV van Frankryk afgekondig, en het aan Franse Protestante (ook bekend as Hugenote) aansienlike regte gegee in 'n Katolieke nasie. https://af.wikipedia.org/wiki/Edik_van_Nantes
1600 
  • 31 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang 'n Koninklike Privilege van Elizabeth I
    Dit was 'n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel. The Columbia Encyclopedia, Sixth Edition
1601 
  • 1601—1601: Joris van Spilbergen gee die naam Tafelbaai
    "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
1602 
  • 20 Mrt 1602—20 Mrt 1602: Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) gestig
    Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (destyds Vereenigde Oostindische Compagnie, algemeen afgekort as VOC) was 'n organisasie wat in die 17de en 18de eeu die monopolie by die Nederlandse owerheid verkry het om handel te dryf met en vir die kolonisering van Asië. Die VOC word ook beskou as die eerste maatskappy wat aandele uitgegee het. "Wikipedia, die Vrye Ensiklopodie", Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, https://af.wikipedia.org/wiki/Verenigde_Oos-Indiese_Kompanjie
10 1618 
  • 1618—1619: Dordtse Leerreëls opgestel
    Die Dordtse Leerreëls is opgestel deur die Gereformeerde Kerke van die Verenigde Nederlande tydens die Sinode van Dordrecht wat van 1618 tot 1619 gehou is. Aan die begin van die 17de eeu (1600’s) en 50 jaar voor die koms van Jan van Riebeeck na Suid-Afrika, het daar in die Nederlandse Gereformeerde kerke 'n groot beroering ontstaan wat uitgeloop het op die uiters belangrike Sinode van Dordrecht. Jacobus Arminius († 1609), 'n professor in teologie aan die Universiteit van Leiden het die streng Calvinistiese opvatting van die leer van die uitverkiesing verwerp en verkondig dat God by die uitverkiesing rekening sou hou met die mens se glo. Hiermee het sekere standpunte van Pelagius weer die kerk binnegekom. Arminius is heftig teengestaan deur Franciscus Gomarus († 1641), ook 'n professor in teologie aan die Universiteit van Leiden, en dit het uitgeloop op 'n heftige leerstryd sodat daar in die jaar 1618 'n sinode in Dordrecht saamgeroep is. Die voorstanders van Arminius se leer is die Remonstrante genoem omdat hulle met 'n geskrif in vyf punte 'n betoog voorgelê het. Op hierdie sinode wat ook deur afgevaardigdes van ander lande bygewoon is, is toe die bekende Vyf Artikels teen die Remonstrante of ook genoem die Dordtse Leerreëls opgestel. Hierdie Dordtse Leerreëls, wat 'n uiteensetting van die Bybelse opvatting oor die leer van die uitverkiesing gee, is een van die drie Belydenisskrifte van die Gereformeerde Kerke. Die ander twee belydenisskrifte is die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus. "Wikipedia, die Vrye Ensilopedie", Dordtse Leerreëls, https://af.wikipedia.org/wiki/Dordtse_Leerre%C3%ABls
  • 13 Nov 1618—29 Mei 1619: Sinode van Dordrecht
    Die Sinode van Dordrecht was 'n internasionale Sinode van die Nederduits Gereformeerde Kerk wat van 1618 tot 1619 in Dordrecht, Nederland gehou is om 'n kontroversie te besleg wat geïnisieer is deur die opkoms van Jacobus Arminius se leerstellinge (Arminianisme). Die eerste vergadering het op 13 November 1618 plaasgevind en die laaste (die 180ste) op 29 Mei 1619. Verteenwoordigers van agt buitelandse Gereformeerde kerke is ook uitgenooi. In 2014 is die eerste kritiese uitgawe van die aktes en dokumente van die Sinode gepubliseer Wikipedia, die Vrye Ensiklopedie, Sinode van Dordrecht, https://af.wikipedia.org/wiki/Sinode_van_Dordrecht
11 1619 
  • 21 Apr 1619—18 Jan 1677: Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck
    van Riebeeck het later 'n halfweg-stasie aan die Kaap gevestig "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002
12 1629 
  • 28 Okt 1629—2 Nov 1664: Maria de la Quellerie
    Sy is was die vrou van Jan van Riebeeck "NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002", Hoofredakteur: George Hofmeyr, Lux Verbi.BM, ISBN 0 7963 0052 6, 2002